Local newsNews

Ermelo Fotoklub se fotograwe se kameras is in hoogste rat

Die vasgestelde onderwerp vir die maand was 'Automotive Parts'.

ERMELO – Die Ermelo Fotoklub het op 14 Maart ‘n gesellige klubaand aangebied, waar die wenners vir Maart aangekondig is.

Die vasgestelde onderwerp vir die maand was ‘Automotive Parts’.

In die juniorafdeling het Luane Kruger met haar foto ‘Chev’ as die wenner weggestap, terwyl Jeanine Smalberger se ‘Golden Oldie’ die seniorafdeling gewen het.

Tina de Villiers se foto, ‘Early Morning Bath’.

Sien al die foto’s: HIER

Die onderskeie sterafdelings het ook pragtige wenfoto’s opgelewer:

• 1-ster: Luane Kruger met haar foto, ‘Chocolate Car’
• 2-ster: Marcel Kruger met ‘Cathedral Peak Cliff’
• 3-ster: George Labuschagne se foto, ‘Vlieg’
• 4-ster: Tina de Villiers se ‘Early morning bath’
• 5-ster: Leon Drotsky se ‘On my way’.

Kruger se foto is as die algehele juniorwenner aangewys, en Drotsky was die algehele seniorwenner van die maand.

Die volgende klubaand sal op 11 April plaasvind, en die Ermelo Fotoklub nooi alle entoesiastiese fotograwe uit om aan te sluit.

Vir meer inligting, stuur ‘n e-pos na ermelofotoklub18@gmail.com.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button